Subscribe to our Newsletter

Haweloses woon gedenkdiens by

‘n Gedenkdiens is verlede Donderdag vir Jacques Pietersen, ‘n gemeenskapswerker, in Bellville gehou, waar tientalle mense ‘n erewag vir horn gevorm het. Hy het hoofsaaklik met haweloses gewerk en was betrokke by Mes, die organisasie wat met haweloses werk, die Voortrekkerkorridorverbeteringsdistrik en die Tygerberg Association for Street People. INLAS: Jacques Pietersen. FOTO: NIELEN DE KLERK

Tientalle mense het verlede week die gedenkdiens vir die gemeenskapswerker Jacques Pietersen 55 in die Presbiteriaanse kerk in Bellville bygewoon.

Jacques het hoofsaaklik met haweloses gewerk en was die afgelope paar jaar betrokke by onder meer Mes, die organisasie wat met haweloses werk, die Voortrekkerkorridorverbeteringsdistrik VRCID en die Tygerberg Association for Street People Tasp .

Hy was meer onlangs aan die stuur van Mes se Growprogram, wat daarop gemik is om haweloses werk te gee.

Hierdie werkers word dikwels in die VRCID en BostonCID se gebiede gewaar, waar hulle help om skoon te maak.

Diegene wat deur Jacques se lewe geraak is, het voor die erediens ‘n erewag vir hom gehou deur plakkate vas te hou met woorde wat hulle aan Jacques laat clink.

Tydens die diens het die meeste mense verskuif na Mes se Safe Spaceskuiling, waar die diens regstreeks uitgesaai is.

Dit is ook in Mes se kantore in Port Elizabeth en Johannesburg vertoon.

“Ons is stukkend,” het ‘n emosionele Ilse Maartens vertel. “Hy was absoluut die hart van ons organisasie.”

Maartens, hoof van Mes in Kaapstad, se Jacques het verlede Saterdag in Symphonyweg verongeluk. Hy het in Uitsig gebly. ”

Jacques het altyd sy medemens gehelp, selfs as dit vir ander te veel gevra was.”

Sy vertel hoe daar eendag ‘n siek hawelose vrou was wat dringend by die hospitaal moes kom. Sy was oortrek met luise en het dae lank in haar eie ontlasting gele. Toe die ambulans nie by haar kon uitkom nie, het Jacques haar op sy rug getel en gedra tot by ‘n VRCIDmotor, waarmee sy vervoer is.

“Hy moes nog heeldag in daardie klere loop,” vertel Maartens.

By die gedenkdiens het verskeie mense vertel hoe hy hulle geinspireer het. Die Growwerkers het vertel hoe hy hulle gehelp het om aan te hou werk of om hulp te soek as die lewe hulle hard tref en hulle weer op straat is. Ander, soos Wilma Piek, wat aan die stuur is van maatskaplike ontwikkeling by die VRCID, het gese dit was ‘n eer om hom te ken.

“Dankie vir alles wat jy vir ons en al ons haweloses gedoen het. Ons sal jou nooit vergeet nie,” het sy gese.

Elzona Daniels, ‘n werknemer by die organisasie MES se program om haweloses te help om werk te vind, huil verlede Donderdag buite die kerk waar ‘n gedenkdiens vir Jacques Pietersen gehou is. Pietersen, wat diep spore in die hawelose gemeenskap getrap het, is op 7 November in ‘n motorongeluk oorlede. Lees meer op bl. 2. FOTO: NIELEN DE KLERK

Leonie van der Merwe, wat ook vir die VRCID werk, het gese hulle wonder nog “elke sekonde hoe ons sonder hom gaan klaarkom”.

Jacques word oorleef deur sy vrou, Rosline, sy ma Louise en vyf kinders, Kayla 21 , Cleo 19 , Britney 14 , Briana 7 en Zane 3 .

Kayla studeer tans onderwys en Cleo het ingeskryf vir regte.

Maartens se Jacques het gelewe vir sy familie en om sy gemeenskap te dien.

Get Updates And Stay Connected - Subscribe To Our Newsletter