Daar is daagliks toenemend nood onder hawelose en arm mense in Kaapstad en dié probleem gaan nog jare lank voortduur. Só sê Ilse Maartens, hoof van die nie-rege- ringsorganisasie Mould Empower Serve (MES) in Kaapstad.
Nie-regeringsorganisasies wat met hawe- loses werk, soos MES, is al sedert die begin van die inperking kliphard aan die werk. Dié organisasie in Bellville, met takke oor die land heen, werk al jare lank met hawelo- ses en het ’n verskeidenheid programme om mense in nood te help om in die lang termyn uit hul benarde omstandighede te kom. Die inperking se impak was egter groter as wat hulle ooit kon verwag. Waar hulle op ’n gewone dag vir sowat 30 mense kos gegee het, het hulle in ’n stadium byna 1 200 etes voorberei.
In daardie eerste fase van inperking het hulle net op noodverligting gefokus, sê sy. Maar hulle glo sterk daaraan dat Suid-Afri- ka nie ’n welsynstaat moet wees nie – mense moet leer om vir hulself te kan sorg. Daarom het hulle in vlak vier vereis dat mense ’n sak vol vullis moet saambring as hulle kos wil kry.
Saamwerk
Maartens glo volkome ’n samelewing kan haweloosheid binne 10 jaar uit die weg ruim, soos wat Finland reeds reggekry het. Sy en haar span het die ervaring, stawen- de studies en passie om dit reg te kry op eie bodem, met hul eie unieke uitdagings. Dit is egter iets wat net kan realiseer as hulle die hulp van die kerk, staat en onder- nemings het wat saamwerk – en hulle na me- kaar begin luister.
Dit is die een voordeel van die Covid-19- krisis: verskeie organisasies het begin om nouer saam te werk. MES en verskeie ander organisasies soos HewLin Compassion en die Voortrekker- korridor-verbeteringsdistrik het ’n konsor- tium gevorm en deel nou daagliks hulpbron- ne en kennis met mekaar. “This is bigger than our brands,” sê sy. Hulle het almal dieselfde doelwit – om hawe- loosheid in die lang termyn op ’n volhoubare manier op te los.
“Ons kan nie net kospakkies dink nie, ons moet langtermyn dink.”
Behuising, groter nood
Die inperking het knaende probleme belig en vir nuwe uitdagings gesorg. “Die goed waaroor ons altyd gekla het, het Covid-19 nou na die voorgrond gebring,” sê sy. Een van hierdie kwessies is die tekort aan behuising vir haweloses – nie net in skui- lings nie, maar vir dié wat al verby daardie vlak van rehabilitasie is. Daar is verskillende tipes haweloses en daar is nie een antwoord wat vir almal sal werk nie. Die regte tipe behuising is ’n groot sleutel tot die oplos van die haweloosheidspro- bleem.
Intussen het baie van MES se grootste skenkers hul geld begin onttrek te midde van ’n internasionale ekonomiese insin- king. Hierdie ondernemings moet eers op hul eie werknemers fokus. Ook kerke kry minder geld en baie se sorg het verskuif na hul eie gemeentes, waar die nood ook ver- hoog het.
Maartens glo hulle gaan die uitwerking van die Covid-19-krisis vir minstens nog drie jaar voel. “Dit is moeilike goed en ons het nie die antwoorde nie. Hierdie is ons nu- we werklikheid.” Sy bly positief oor die toekoms, ten spyte van die uitdagings en die feit dat hul hele span die afgelope ruk voluit gewerk en min gerus het. “Ek het groot verwagtinge dat ons groot goed gaan vermag,” sê sy.
Kontak Ilse by 084 448 3456 of 021 949 8736.