Subscribe to our Newsletter

Musiek Wêreld: waar die sterre uithang

Was daar al ooit ‘n tyd in jou lewe dat jy ‘n musiek instrument wou speel? Daar is iets oor die tokkel van ‘n kitaar se snare, of die ritme van ‘n drom wat mens sommer lewendig laat voel.

In die VRCID area is ons gelukkig genoeg om ‘n musiekwinkel te hê wat ongelooflike kunstunaars lok, en na ‘n geselsie met Johann Visser, sal ons amper so vêr gaan om te sê kunstenaars word hier gebore.

Vissie, soos almal hom ken, is al meer as 29 jaar eienaar van Musiek Wêreld in Bellville. Hy het al in sy dae amper al wat ‘n bekende Afrikaanse musikant in sy winkel gehad. ‘Daar is soveel musikante wat ek persoonlik ken wat al lank al hulle musiek instrumente hier by my koop,’ sê hy trots.

Een van die bekendes wie se storie by hierdie besonderse musiekwinkel ingevleg is, is sangeres Demi Lee Moore, sy het tot haar kêrel in die winkel ontmoet. ‘Sy het haar eerste kitaar hier gekoop,’ noem Vissie. Nog ‘n groot talent wat van kleins af al sy instrumente by Musiek Wêreld kry is Louwkie Rothman. Dit laat jou wonder of van die man se ongelooflike gawes iets met sy instrumente uit te waai het.

Mens voel amper reg om self een van die blink instrumente op te tel, daar is iets aan die winkel, asof talent en inspirasie in die lug hang. Daar is ook n groot verskeidenheid – van klawerborde tot klassieke en elektriese kitare, viole, trompette en fluite. Die personeel is vriendelik en hulpvaardig.  ‘n Mens voel sommer dadelik tuis.

Vissie sê hy is ook besonders trots op die area waar die winkel is, want dit is besonders skoon en netjies en hy het baie min probleme met haweloses en sekswerkers, al is dit baie naby aan Voortrekkerstraat. ‘Ek moet sê, Belville het soveel beter geraak nadat die VRCID hier ingetrek het,’sê Vissie. ‘Al is daar nou en dan ń problem met iemand wat moelikheid maak, bel ek net die VRCID beheerkamer en hulle sorteer dit uit.’

‘Die skoonmaak span is net so wonderlik,’ sê Vissie, ‘hulle is hulpvaardig, het die beste gesindheid en hou die area so mooi skoon.’

Die Belville area se lof word nie genoeg besing nie. Daar is menige interessante winkels waar mens bekostigbare ware en noodsaaklihede kan kry. As die VRCID is ons so trots op ons span en die werk wat hulle doen. Wel gedaan! Laastens, as jy nog nie kans gehad het om Musiek Wêreld te besoek nie, moedig ons jou aan om ‘n draai te maak by 17 Maritz St, Bellville. Dit sal beslis ‘n ervaring wees wat ‘n mens nie vining sal vergeet nie.

Get Updates And Stay Connected - Subscribe To Our Newsletter